Druiwe – Syrah

Oorsprong – Darling

Oesjaar – 2014

Die Wingerd – Hierdie koel-klimaat wingerd is geleë in die Darling-heuwels, 14km van die Atlantiese Oseaan. Dit is geplant op die koppie waarna die Versfelds se 4de-geslag familieplaas, Contreiberg, vernoem is. Teen 275m bo seespieël het dit ’n uitsig wat strek van Tafelberg tot Piketberg. Alhoewel dit nog nie wetenskaplik bewys is nie, glo ons vas dat die wingerde wat die beste uitsig het, ook die beste wyne lewer.   

Plukdatum – 22 Maart 2014 (op Andrew Lloyd Webber se verjaarsdag)

Die wynmaakproses – Die druiwe is verdeel en gegis in drie gelyke dele: heel trosse, heel maar ontstingelde druiwe en druiwe wat beide ontstingel en afgemaal is. Hierdie druiwe is twee keer per dag met die hand deurgedruk, tydens gisting in oop kuipe, vir wat gevoel het soos min of meer 20 dae. Na gisting is die wyn sagkens gepars en vir 14 maande verouder in ou eikevate. Dit is liggies gebrei met vry-lopende eierwitte van Woolworths en in June 2015 gebotteleer. ’n Natuurlike sediment mag na ’n ruk voorkom. Dis bloot ’n bewys dat hierdie die ware Jakob is. 

Wynontleding 

Alk. – 12.5%
RS – 1.5
TS – 6.5
pH – 3.55

Wynmaker se mening – Die wyn het ’n pragtige helderpers skynsel, met ’n neus van pasgeploegde grond, donker bessies and kraakvars peperkorrels. Dit smaak lig en verfrissend, met ’n tikkie cherry cola, gedroogte teeblare and aardse speserye. Geniet dit effens verkoel as ’n heerlike, jong somerskelkie, of verouder dit vir nog ’n paar jaar vir verdere ontwikkeling van die meer aardse geure – en om jou vriende en familie met jou geduld te verstom.

70be859f 84a7 4f41 97a9 deb6ad28390c
757938f2 c925 412c 8141 71bb7bcebca8

Liefling 2014

R1,000.00

Finish & Klaar

Notify me when it is available

Notify me when Liefling x6 Liefling 2014 is available.