Piekenierskloof aardsheid, Franschhoek elegansie en Constantia statigheid is versny om 'n buitengewone ligte Rhône-styl rooiwyn te lewer. Op die neus kom geure van rooibostee en aarbeie sterk na vore. Die palet is sag en strelend en herinner aan veldblomme, speserye en potpouri. As jy nou 'n glasie skink, sal dit heerlik wees, maar hou tog ook 'n bottel of twee vir nog so drie tot vyf jaar.