Ou Treffer x6

Daar word dikwels na Cinsaut verwys as die werkesel rooi druifsoort van Suid-Afrika. Die druiwe is afkomstig van die tweede oudste blok Cinsaut in Stellenbosch. Dié lae-opbrengs wingerd is toegelaat om sy soet swanesang te sing.

Die druiwe is op 8 Maart 2016, Internasionale Vrouedag en terloops ook die verjaarsdae van Dawson’s Creek stêr James van der Beek en Jan Solms, gepluk.

Die beste trosse is per hand uitgekies vir optimale rypheid. Die wyn is heeltrosgegis in oop kuipe en twee maal per dag vir 10 dae deurgedruk, waarna dit reguit met ‘n mandjiepers na in ‘n ou 500L Franse eikehoutvat gepars is. Die wyn het vir nege maande in eikehout verouder, waarna dit liggies met eierwit gebrei en gebotteleer is.

 
Oor die heuwels van die land.
Net so bietjie reën.
En dalk 'n brokkie son.
Waai windjie waai.
Jou sente, jou drome.
Oor die rand van die glas.
Al meer gaan verstom.
Jou het ek lief bo alles.
 
Wynontledings
  • Alk: 13%
  • RS: 1.7
  • TA: 5.4
  • pH: 3.78
 
 

R1,320.00

Finish & Klaar

Notify me when it is available
Notify me when Ou Treffer x6 is available.