Knapsekêrel x6

Gepluk op 27 Februarie 2015 – die verjaarsdag van Elizabeth Taylor en Chelsea Clinton.

2015 het ‘n droomoes opgelewer, met fenologiese rypheid en lae suikervlakke, prominente vrug en ‘n aanloklike, pikante laventelgeur. Dit is met dieselfde filosofie as die Heimwee Cabernet Sauvignon gemaak, maar met ligter, tipiese Cabernet Franc-geure.

Dié wingerd bestaan uit sewe rye Cabernet Franc op Oudeberg kleinhoewe, Stellenbosch. Dit word biodinamies bestuur deur die wingerdghoeroe Rosa Kruger en buurman, Johan Reyneke. Eende, ganse en hoenders dra by tot die wingerd se bemesting terwyl Bas en Jan, twee takhaar terriërs, ’n wakende oog hou.

In die kelder is die druiwe heelkorrel gegis, met twee manlike deurdrukke per dag. Koue maserasie het vir vyf dae plaasgevind, waarna dit op die doppe gegis is en met ‘n mandjiepers gepars is. Die wyn is vir 18 maande in ou Franse eikehoutvate verouder.

Wynontledings
  • Alk: 13%
  • RS: 1.1
  • TA: 5.2
  • pH: 3.64

R1,500.00

Finish & Klaar

Notify me when it is available
Notify me when Knapsekêrel x6 is available.