Hoendertande x6

Piekenierskloof Grenache is die perlemoen van die binneland. Gesog. Duur. So skaars soos hoendertande. Dis g’n wonder daar word jaarliks swaarde gekruis oor elke tros nie.

Geleë in die Piekenierskloof en in vroeë 2000’s geplant. Die druiwe is deur die berugte drywer, ‘Panda’ (jy sal hom vind op die toedraaipapier) opgelaai en vervoer na Kaapstad – nadat hy salig aan die lae-opbrengs oes gesmul het.

Op 12 Februarie 2016, geboortedatum van Abraham Lincoln, gepluk.

Die druiwe is baie vroeg in die warm en droë jaar gepluk. Die wyn is in heeltros gegis in oop kuipe en twee maal per dag vir 10 dae deurgedruk, waarna dit van ‘n mandjiepers direk na een ou 500L Franse eikehoutvat oorgedra is. Die wyn het vir 9 maande in dié vat verouder, waarna dit met eierwit gebrei en gebotteleer is.

Wynontledings
  • Alk: 12%
  • RS: 2.0
  • TA: 5.5
  • pH: 3.52

R1,320.00

Finish & Klaar

Notify me when it is available
Notify me when Hoendertande x6 is available.